Boland Spitbraai / Braaiworld

021 872 4496 / office@bolandspitbraai.com

READ WHAT OTHERS HAVE TO SAY ABOUT OUR FOOD & SERVICE...

 

WOW WOW WOW... baie dankie vir julle bydrae tot 'n fantastiese feesviering gister. Julle kos was fantasties en almal het heerlik ge-eet.

Alles was smaaklik voorberei en daar was meer as genoeg vir almal om aan te smil en die het hulle verseker... Almal het dit geniet en kan nie uitgepraat raak oor hoe lekker alles was nie

 

Baie dankie vir julle vriendelikheid, hulp en ekstra myl en hoe standard wat julle handhaaf... van julle kantoor tot julle span wat ons gister bedien het.

 

Vriendelike seengroete

Annalie

 

Just wanted to say a big big BIG THANK YOU! for the great event you and your team made possible on Saturday for me. It was an amazing success and everybody was 'wow-ed'. The food was amazing and everybody walked away with your business card so I'm sure you will get some calls soon ;-) 

Thank you that you could organise this for me in such a short space of time - it was the best service delivery I have experienced yet and I think myself and everybody present on the day will be raving about your food and service for some time to come.

 

SIMPLY THE BEST - that is indisputable. I will be in contact again for the next party (which will be a bigger one!) Best regards and a million thanks

Liezl

 

 

More Melanie

Bitter baie dankie vir die lekker kos van Saterdag

Die mense het dit vreeslik geniet en almal het twee keer gaan skep 

Daar is n couple vir wie ek die menu moet aanstuur so julle naam loop 

Lekker daggie

Lovies

Willet Hoffman

 

Hi Melanie,

Alles was TOP klas baie dankie. Ek sal definitief weer van julle gebruik maak.

Juan was baie vriendelik en hulp vol gewees, en alles het perfek afgeloop.

Nogmaals baie dankie

 

More Melanie

Hoop dit gaan goed, en dat julle `n lekker naweek gehat het.

Vreeslik baie dankie vir Saterdag aand, en sê asb vir Carlo & sy hulp BAIE BAIE DANKIE! Alles was stunning! Die mense het die kos sooo baie geniet – tot my pa wat nogal vol nonsense kan wees. 

Ek sal enige tyd weer van julle gebruik maak!

Vriendelike groete,

Salomi

 

Goeiemiddag Melanie

Baie dankie vir julle dienste gisteraand. Ons party was voorwaar ‘n groot sukses.

Jean het hom uitstekend in sy taak gekwyt. Hy was baie vriendelik, maklik om mee komminukeer en baie behulpsaam.

Die kos was heeeeeerlik!!!!!!!!!!

‘n Duisend dankies uit die hart!

 Kind regards

Julinda Ramsden

 

Hallo Melanie 

Hiermee wil ek graag baie dankie se vir julle vir die heerlike spitbraai vandag.  Die kos was smaaklik voorberei en die mense het omtrent hulle lippe afgelek of moet ek eerder se afgesmack. Die bakke is omtrent uitgelek.  

Weereens baie dankie.

Praat weer volgende jaar.
Lekker naweek

Maggie

 

Thanks guys for an unforgettable time on Saturday!  You guys rock!!!!
 
Kind Regards,

Colleen van Reenen


Hi Carlo
Baie dankie vir die spit, dit was heerlik en die outjie wat die spit gedoen het was baie aangenaam en het hom goed van sy taak gekwyt. Al die ou anties en ooms was baie impress!
Groete
Laurette


DIE BESTUUR

BRAAIWORLD

PAARL

Beste Braaiworld Personeel

Ons as Boishaai Oud Studente van die 1967 klas wil die geleentheid gebruik om julle hartlik te bedank vir die Interskole naweek se kos bederf.

Wanneer jy terugkeer Paarl toe om jou ou Alma Mater met al sy tradisies te besoek sien jy uit na ‘n naweek wat jy nie sommer sal vergeet nie.

Ons is Vrydag getrakteer op die heerlikste Skaapnek potjie by Boland Kelder.Die Braaiworld dames het nie alleen ‘n heerlike potjie voorberei nie maar die aanbieding daarvan was ook uit die boonste rakke.Die twee dames het ons almal baie tuis laat voel en dit was nie lank nie of hulle help ook met die foto’s neem en kyk net hoe mooi het die manne nie gepose nie.

Saterdag aand was ons mos nie lus om baie te praat na die verloor nie.Ons is egter weereens verras met die beste Spyseniering en voorbereiding van ‘n Steak braai met ‘n heerlike Brood tafel en slaaie.Die Braaiworld manne kan maar braai en ons het die manier van wat om te braai in die lyn van medium,well done of rare baie waardeer.Hulle het ons sommer laat vergeet van die groot verloor.
Braaiworld en sy personeel het ons regtig tuis laat voel en hul professionele manier van kos voorbereiding en hoe om kliente tevredenheid te verseker was regtig ‘n riem onder die hart.
Ons kom van oor die hele land en ons wil julle verseker dat dit ‘n onvergeetlike naweek was.
Groete

HJS Klas van 1967 

 

 

Hi Jaco
Thank you very much for the great service rendered. Your team are absolutely professional and it was great doing business with you. I will certainly recommend your services to friends and family.

 

From: Bertus Botha 

Hi Carlo,

Ek wil net baie dankie sê vir Saterdag se spitbraai. Al die kos was ongelooflik lekker gewees! Ek sal julle definitief vir enige iemand aanbeveel wat lus is vir 'n lekker spitbraai

 

Contact us now for an Exceptional Spitbraai